Honderde gered na aardbewing in Tibet
Meer as 14 000 reddingswerkers het in Tibet aangekom om die soektog na oorlewendes voort te sit, nadat minstens 126 mense gesterf het toe ‘n kragtige aardbewing ‘n afgeleë deel van die weste van China getref het. Chinese staatsmedia berig meer as 400 mense is gered sedert die aardbewing sowat 80 kilometer vanaf ‘n berg Everest- basiskamp getref het en duisende huise vernietig het. Aardbewings is algemeen in die streek, maar hierdie een was een van die dodelikste in onlangse geskiedenis. Die 7.1-aardbewing is ook in Nepal en dele van Indië gevoel.