Hof verwerp aansoek om publikasie van matriekuitslae te verbied

Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende aansoek deur die Inligtingsreguleerder om die publikasie van die 2024-matriekuitslae in koerante en digitale platforms te verbied, met koste van die hand gewys. Dit staan die Departement van Basiese Onderwys nou vry om soos beplan volgende week die matriekuitslae vir publikasie in die media bekend te maak. Regter Ronel Tolmay het beslis die dringendheid van die saak is self geskep en geen bewyse dat leerders se regte benadeel sal word, is aangebied nie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *