Alle oë op eksamenuitslae volgende week
Die Graad 11 en 12 eksamen-uitslae vir 2024 word op 14 Januarie bekend gemaak en verwagtinge is dat daar ‘n verbetering sal wees op vorige jare se minder goeie vertonings. Verlede jaar het 25,2 persent van die kandidate gekwalifiseer om na graad 12 of tersiêre opleiding voort te gaan. Dit was volgens onderwysminister Anna Nghipondoka ‘n 3,8 persent verbetering op 2022 se uitslae. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Duminga Ndala, die jeugleier van die Landless Peoples’ Movement, wat sê die party hoop dat die uitslae vanjaar beter sal wees, want daar is algemene kommer oor die hoë druipsyfer in vorige jare.