Sommige dele van Zambezi wag steeds op reën
Swaar reënval is oor die naweek in die sentrale streek en sommige streke in die Noorde aangeteken. Die meeste van die damme in die sentrale en suidelike streke het ook invloei gekry, wat tot optimisme onder boere lei. Sommige gebiede van die Zambezi-streek moet egter nog reën kry, maar swaar reënval en kitsvloede word in die komende week voorspel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lawrence Sampofu, die goewerneur van die Zambezi-streek, wat die situasie uiteensit.