Sinner berei voor vir nog ‘n ‘droomjaar’

Tennis: Wêreld nommer een, Jannik Sinner, sê sy “ongelooflike” 2024 is geskiedenis terwyl hy hom voorberei vir die verdediging van sy Australiese Ope-titel met ʼn klipharde oorwinning in ʼn vertoonwedstryd op die hoofbaan by Melbourne. Die Italianer het ʼn droomjaar beleef nadat hy eers sy eerste Grand Slam-toernooititel op Melbourne Park ingepalm het en daarna die Amerikaanse Ope en die ATP-eindtoernooi gewen het. Die vertoonwedstryd was ʼn taai toets teen die Australiese wêreld nommer 25, Alexei Popyrin, en hy het uiteindelik met 6-4, 7-6 koning gekraai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *