Reën en staande water kan veediefstal vererger

Terwyl die reën broodnodig is en wyd verwelkom is deur veral boere, is daar ook ‘n risiko dat veediefstal en stropery kan vererger. In Omaheke sê die Gemeenskapsorganisasie teen Veediefstal dat boere patrollies moet uitvoer, veral waar water natuurlik opdam omdat die diere, beide vee en wild, normaalweg hier bymekaar kom. Volgens die organisasie teiken stropers en veediewe veral die gebiede en hy sê hy het reeds op Epikuro opgeleide lede ontplooi om boere by te staan om kuddes te beskerm 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *