Pretoria-hof sê vandag oor publikasie van matriekuitslae
AfriForum verwag ‘n positiewe uitslag met die Hooggeregshof in Pretoria wat vandag ‘n dringende aansoek van die Inligtingsreguleerder aanhoor om die publikasie van die 2024-matriekuitslae in die media te keer, met verwysing na kommer oor privaatheid. Die Departement van Basiese Onderwys voer aan vorige hofbevele het die publikasie toegelaat. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê die hofbeslissing sal dit duidelik maak of die uitslae volgende week in die media mag verskyn: