Nuwe lewendehaweprodukte-regulasies tree in werking

Die Wysigingswet op Lewendehawe en Lewendehaweprodukte van 2023 het ‘n nuwe definisie van “lewendehaweproduk” by die Wet op Lewendehawe en Lewendehaweprodukte van 1981 gevoeg, en die definisies van “beheerde produk” en “lewendehawe” gewysig. Die wysigings is op 13 Desember verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer. Beeste, skape, bokke, varke en pluimvee word nou as beheerde produkte beskou, asook vleis afkomstig van hierdie diere of enige ander dier wat die landbouminister as lewendehawe aangewys het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desmond Cloete, die bemarkingsbestuurder by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, herinner produsente om so gou as moontlik by die raad te registreer, aangesien die nuwe regulasies op 13 Januarie in werking tree.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *