Naspers, Prosus daal skerp oor Tencent-belange

Aandele in Naspers en sy Amsterdamse filiaal, Prosus, het vanoggend sowat agt persent teruggesak nadat die Amerikaanse Departement van Verdediging die tegnologiereus, Tencent, by ‘n lys maatskappye gevoeg het wat volgens hom met Beijing se weermag verbind word. Die lys hou geen regstreekse regsimplikasies vir die betrokke maatskappye in nie, maar dit kan hul reputasie beïnvloed. China beskuldig Washington van die onredelike onderdrukking van Chinese ondernemings. Tencent is een van die groot name in die uitgebreide tegnologiesektor in China en bedryf benewens die “super-toepassing” WeChat, ook speletjies, inhoudstroming en wolkdienste.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *