Musk se gesprek met Weidel sal noukeurig dopgehou word
Elon Musk se omstrede voorneme om vandeesweek ʼn onderhoud met ʼn verregse Duitse leier op X te voer is toelaatbaar onder regulasies van die Europese Unie, maar dit sal dopgehou word vir moontlike oortreding van reëls oor verkiesingsinmenging. Musk het dwarsoor Europa woede ontlok met ‘n reeks aanvalle op leiers op die vasteland, insluitend die Duitse kanselier, Olaf Scholz. Musk het sterk steun uitgespreek vir die verregse Alternatief vir Duitsland voor verkiesings in die land op 23 Februarie en sal Donderdag ‘n gesprek met die partyleier, Alice Weidel, op X voer.