McDonald’s sal nie meer ‘polities korrek’ wees in VSA

McDonald’s in die VSA sê hy sal van sy diversiteitspraktyke afskaal en word daarmee die jongste organisasie wat sy beleid heroorweeg, na ‘n Hooggeregshof-uitspraak wat regstellende aksie in universiteitstoelating beëindig het. Volgens die veranderings sal verskaffers nie langer gevra word om aan sekere diversiteits-, gelykheids- en insluitingsteikens te voldoen nie en onttrek aan eksterne opnames wat korporatiewe diversiteit meet. McDonald’s se aankondiging volg na soortgelyke skuiwe deur groot handelsmerke soos Ford, John Deere, Harley-Davidson en Jack Daniel’s, in wat beskou word as ‘n terugslag vir sogenaamde politieke korrektheid in Amerika.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *