Groenwaterstofprogram kry nuwe winddata in Suide

‘n Onlangse opinie-artikel in die Engelse dagblad The Namibian beweer dat Hyphen Hydrogen se groenwaterstof-projek in die suide verkeerde winddata gebruik het toe hulle gesê het hul bedrywighede sal snags en bedags doeltreffend wees in beide die somer en winter. Data vanaf Lüderitz wys egter dat dit winderiger is in die somer en deur die dag. Die projek sal dus baie minder doeltreffend wees as wat aanvaar word, wat produklewering, indiensneming en beloofde werkskepping ernstig sal beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die woordvoerder van die Namibië Groenwaterstofprogram, wat sê hulle is wel besig om opgedateerde data in te samel. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *