Colombië is mees bekostigbare land

Colombië is aangewys as die wêreld se mees bekostigbare plek om te woon. Dit is volgens International Living se jaarlikse globale aftree-aanwyser wat bepaal wat bestemmings ideaal maak vir uitgewekenes. Dit sluit uiteenlopende sake soos behuising, gesondheidsorg, uiteet en vervoer in. Die uitvoerende redakteur, Jennifer Stevens, sê Colombië staan uit danksy die ongelooflike bekostigbaarheid en ryke kulturele ervarings. Thailand is tweede op die topvyf-lys, gevolg deur Viëtnam, Maleisië en Bali.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *