Beskuldigde in Maasdorp-moord weer in hof
Die grusame moord op Delia Maasdorp het môre ‘n nasleep in die Windhoekse landdroshof wanneer die aangeklaagde, Wentzel Maasdorp, formeel aansoek gaan doen vir borg. Delia se lyk is aan die einde van April verlede jaar vasgebind en in ‘n kombers toegedraai, in haar woonstel in Eros gevind. Die beskuldigde is ‘n neef van haar vervreemde man en hulle was in ‘n verhouding. Hy is in haar voertuig gesien, wat uiteindelik in Rundu gevind is terwyl hy dieselfde dag in Windhoek gearresteer is. Hy is aangekla van moord en diefstal van die voertuig