Trudeau sal waarskynlik bedank
Die Kanadese premier, Justin Trudeau, sal volgens berigte sy bedanking aankondig, hoewel hy nie ‘n finale besluit geneem het nie. Reuters berig dat Trudeau na verwagting reeds vandag sal aankondig dat hy as leier van Kanada se regerende Liberale Party na nege jaar in die amp sal bedank. Sy party hou Woensdag ‘n noodvergadering en ‘n toenemende aantal liberale parlementariërs, is bekommerd oor ‘n rits somber peilings Dit bly onduidelik of Trudeau onmiddellik sal vertrek of as premier sal aanbly totdat ‘n nuwe liberale leier gekies is.