So kan jy vloedgeteisterde gemeenskappe help
Verskeie gemeenskappe is die afgelope tyd ernstig deur kitsvloede benadeel. Die Development Workshop Namibia het ‘n openbare beroep op skenkings geloods om die slagoffers by te staan. Belangstellendes kan enige bedrag in die organisasie se bankrekening inbetaal. Die bankbesonderhede is op hul Facebook- en Instagram-bladsye beskikbaar. Spanne is tans besig om die gemeenskappe wat die ergste geraak is te identifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die organisasie se landsdirekteur, Jessica Brown, wat meer inligting gee.
Luisteraars wat meer inligting benodig kan die Development Workshop se Ester Veikko kontak by 081 884 6890.