Meer Namibiërs reis binnelands: NWR
Met die feesseisoen wat tot ‘n einde gekom het, het Kosmos 94.1 Nuus met Nelson Ashipala, die skakelbeampte van Namibia Wildlife Resorts, gesels vir ‘n opdatering van hul vakansie-ervarings. Ashipala beklemtoon dat meer Namibiërs dit ‘n tradisie maak om regdeur die jaar te reis en die land se besienswaardighede te verken. Hierdie verskuiwing in gedrag is voordelig vir NWR, aangesien dit help om besigheid bestendig te hou en die maatskappy se groei selfs buite spitsvakansietydperke te ondersteun.