Krisis by Dâure Daman verdiep
Die chaos by die Dâure Daman Tradisionele Owerheid duur voort. Na die besetting van die kantoor van die kiesafdeling op Uis, het die polisie twee mans, 29 en 34 jaar oud gearresteer na hulle die spesiale reserwemag van die polisie verhoed het om vroue en pensioenarisse van die perseel, met mag te verwyder. Dit kom na die owerheid ‘n hofbevel daarvoor gekry het. Die gemeenskap is uiters ongelukkig met hulle hoofman, Sagarias Seibeb, en het sy bedanking reeds op 18 November verlede jaar geëis. Seibeb het ‘n gemeenskapsvergadering aangekondig wat vir 7 Januarie geskeduleer is om die toenemende spanning na die uitsetting van betogers aan te spreek. NamPol het nie aangedui wanneer die twee in die hof sal verskyn nie.