Kasatkina vorder in Adelaide, Vekic val uit
Tennis: Die wêreld se nommer nege, Daria Kasatkina, het tot die tweede ronde van die Adelaide Internasionale toernooi deurgedring, maar die Olimpiese silwermedaljewenner, Donna Vekic van Kroasië, het vasgeval met haar derde agtereenvolgende nederlaag dié seisoen. Kasatkina van Rusland, wat die afgelope twee jaar in dié opwarmingstoernooi vir die Australiese Ope tweede geëindig het, het Olivia Gadecki van Australië verslaan. Sy speel nou teen Emmerson Jones wat verlede jaar in die junior-afdeling in Melbourne en op Wimbledon tweede geëindig het. Vekic het laasjaar op Wimbledon in die halfeindronde gespeel, maar het in Adelaide teen Yulia Putintseva van Kazakstan verloor.