GRN sloer al twee jaar met 4IR-implementering

Twee jaar ná die aanvaarding van die Vierde Industriële Revolusie-taakspan se aanbevelings deur die kabinet, is vordering op hul implementering uiters stadig. The Villager berig dat professor Anicia Peters, voorsitter van die taakmag sê die land sloer in sy reis na digitale transformasie. Sy voer aan dat ten spyte van die kritieke belangrikheid van hierdie aanbevelings vir Namibië se sosio-ekonomiese vordering, het die pogings vasgeval. Die taakspan is in Julie 2021 aangestel en het reeds in Junie 2022 sy verslag ingedien. Peters waarsku dat voortgesette vertragings Namibië se globale mededingendheid belemmer terwyl buurlande vordering maak. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *