Geldwassery onder klagtes tydens beslaglegging van impala-trofee op Otji
Die Namibiese polisie het verskeie klagtes gebring tydens die beslaglegging van ‘n gemonteerde impala-trofee en ‘n skilpaddop op Otjiwarongo. Kontant van net minder as 62 500 Namibiese dollar is ook gevind. ‘n Vrou, 49, en 26-jarige man is gearresteer en aangekla onder die Wet op die Bekamping van Georganiseerde Misdaad sowel as geldwassery, en die onwettige besit van wildlewe produkte sonder ‘n permit. Die beslaglegging was deel van ‘n spesiale operasie en die twee sal vandag in die laerhof op die dorp verskyn.