Damme vat groot water!

NamWater se jongste dambulletin is uit daar is 17,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien, op van 9,8 persent ‘n week gelede. Von Bach het gestyg van 9,8 persent vol na 23,5 persent na inloop van 6 070 000 kubieke meter, en Swakoppoort staan op 24,4 persent teenoor 15,9 persent verlede week. Die Omatako wat leeg was het 1 027 000 kubiek gevat en is 2,4 persent vol. In die Suide is Hardap op 14,8 persent vanaf 5,5 persent na inloop van 27 419 000 kubieke meter water. Neckartal is 77,8 persent vol vanaf 76,8 persent. Naute by Keetmanshoop is op 29,7 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 31,8 persent water na inloop van 380 000 kubiek. Die Ooste se totale bronne is op 2,1 persent, vanaf 0,9 persent verlede week met die Otjiverodam op 1,5 persent. Die twee Viljoendamme het effe inloop gehad en is op 1,4 en 11,2 persent. In die Noorde is die Olushandjadam op 38,8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Nashikaku, ‘n weerman by die Namibië Meteorologiese Diens, oor die reënval en verwagtinge vir die res van die week.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *