Dakar: Botterill was agter Sainz tydens sy ongeluk
Carlos Sainz se ongeluk met sy Ford Raptor tydens die Dakar het Sondag die nuus gehaal. Dit het plaasgevind tydens die veelgevreesde 48-uur Chrono-sneltrajek wat in wese twee sneltrajekte in een is en oor opeenvolgende dae strek, maar sonder die voordeel van tegniese hulp tussenin. Toyota Gazoo Racing se Guy Botterill was kort op sy hakke en het berg geklim om sein te kry en ‘n stemnota via WhatsApp te stuur.