DA boos oor Tshwane tender-amptenare wat terugkeer
Die DA kritiseer die besluit om vyf Tshwane-amptenare, betrokke by ‘n onreëlmatige tender vir die opgradering van die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg, toe te laat om terug te keer werk toe. ‘n Forensiese verslag het dissiplinêre stappe aanbeveel, maar die amptenare het hul saak in die Arbeidshof gewen en moet later hierdie maand terugkeer werk toe. Cilliers Brink van die party het die stadsbestuurder, Johann Mettler aangemoedig om te appelleer teen die besluit en verwys na kommer oor tendermanipulasie en belangebotsings.