Christenforum soek stappe teen tienerswangerskappe
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum doen ‘n beroep op gemeenskappe en geloofsinstellings om daadwerklik stappe te doen om tienerswangerskappe hok te slaan. Die forum se president, Marothi Mashashane sê geloofsgebaseerde organisasies kan programme instel wat beroepsgerigte-opleiding en lewensvaardighede aan beide meisies en seuns verskaf. Hy sê om mentorskaps-geleenthede te skep met suksesvolle vroue en mans uit die gemeenskap wat die jeug lei, kan die aanmoediging en hoop verskaf wat hulle nodig het om gefokus te bly op hul opvoeding en toekomsdoelwitte.