ArcelorMittal SA sluit langstaal-ondernemings
ArcelorMittal Suid-Afrika beplan om teen die einde van die maand sy langstaal-vervaardiging by sy Newcastle- en Vereeniging-aanlegte, en hul spoor- en strukture-eenheid, te staak in ‘n stap wat moontlik 3 500 werksgeleenthede sal beïnvloed. Die uitvoerende hoof, Kobus Verster, sê verminderde kooks-vervaardiging sal voortgaan op Newcastle. Verster het teleurstelling uitgespreek oor mislukte pogings om bedryfshervormings te bewerkstellig. Hy sê hoë logistieke en energiekoste, swak regeringsingrypings en stygende laekoste-invoere uit China het veroorsaak dat die bedrywighede onvolhoubaar is. Die onderneming verwag ook ‘n groter jaarlikse verlies, met verwysing na marktoestande wat versleg.