Angolese brandstofsubsidies – noordelike sakeman steeds skepties
Angola beplan om alle brandstof-subsidies teen die einde van die jaar af te skaf. Die land se burgers is onbeïndruk en daar was verskeie betogings. Die regering sê dit is broodnodig omdat die fondse nodig is vir die land se ontwikkeling. Plaaslik sukkel vulstasie-eienaars met die smokkel van sogenaamde goedkoper ngungula maar, sou die subsidies heel afgeskaf word, sal die brandstof ongeveer dieselfde kos. Maar, Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, is skepties.