ANC gaan ‘ambisieuse toekomsvisie’ bekendstel
Die ANC gaan hierdie Saterdag by sy 8 Januarie-saamtrek by Mandela Park-stadion in Khayelitsha, Wes-Kaap, ‘n ambisieuse visie vir die toekoms bekend stel met die fokus op ekonomiese groei, geregtigheid en gelykheid. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het aan die media gesê die party wil ooreenkomstig sy visie ʼn meer regverdige samelewing daarstel, met ‘n duidelike pad vorentoe om sosiale geregtigheid te bevorder en die ekonomie te herbou.