UBS ondersoek ‘Nazi-rekeninge’
Switserse bank UBS werk saam met ‘n onafhanklike ombudsman om lig te werp op Nazi-gekoppelde rekeninge nadat die Wall Street Journal berig het oor ‘n paar rekeninge by die ineengestorte bank Credit Suisse, wat UBS gekoop het in 2023. Neil Barofsky is ‘n voormalige Amerikaanse aanklaer wat voorheen deur Credit Suisse aangestel is om die kwessie te ondersoek, en hy lei die ondersoek. Hy het reeds in Desember gesê dat hy kliëntlêers, wat “Amerikaanse swartlys” gemerk is – ‘n aanduiding vir diegene wat handel gedryf met Nazi-geaffilieerde entiteite.