Trustco onder druk by JSE, moet jaarverslag indien
Trustco is weer in die sop by die Johannesburg Aandelebeurs omdat hy nie sy jaarverslag, soos vereis, binne die eerste vier maande na sy jaareinde ingedien het nie. Netwerk24 berig dat die beurs die mark verwittig het hiervan en byvoeg dat Trustco, wat op die beurs verhandel, die gevaar loop om opgeskort te word indien hy nie teen 31 Januarie sy jaarverslag uitreik nie. Trustco het in Desember kennis gegee dat sy verslag teen die einde van die maand voltooi sal wees en die rede vir die vertraging is dat sy ouditeure eers in die eerste week van Desember hulle werksvisums ontvang het.