Stad Whk loop deur na kitsvloede in hoofstad
Stad Windhoek kom onder skoot na kitsvloede infrastruktuur en huise, veral in informele nedersettings beskadig het. Swaar reënval het Saterdag in die hoofstad voorgekom. Die Stad sê op sy sosiale media dat kitsvloede in Otjomuise veroorsaak is deur buitebande wat oorstromings agter die polisiestasie veroorsaak het. Inwoners sê die Stad moes verseker het dat waterweë skoon en onbelemmer is. Verskeie voertuie is in riviere in verskeie strate meegesleur en foto’s van riviere in Brakwater toon hope rommel en plastiek wat op die water dryf, op pad na Swakoppoortdam. Niemand is beseer nie.