LPM dien stukke in, vra vir 19 Maart verkiesing
Die LPM wil hê dat die land teen 19 Maart weer moet stem in ‘n nuwe presidensiële en nasionale vergaderings verkiesing. Die LPM is die tweede politieke party wat die hof nader en poog om die uitslae van die onlangse verkiesing nietig te verklaar. Die NBC berig dat in sy stukke voor die hof sê die party dat indien die verlengde verkiesings onwettig geag word, die uitslae uitsluitlik gebaseer moet word op stemme wat op 27 November 2024 getel is. Sou die hele verkiesing nietig verklaar word, stel LPM voor dat die uittredende parlement en president in die amp bly totdat nuwe verkiesings gehou word.