Hardap neem water in, nog verwag oor komende dae

Die voorsitter van die Hardap-boerevereniging Dawie de Klerk het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die Hardapdam teen vanoggend agt-uur reeds op 8,6 persent van kapasiteit gestaan na invloei oornag aangeteken is. Die dam was op 5,4 persent. Volgens De Klerk word verdere invloei verwag na groot donderbuie in die kritieke dam se opvangsgebied. Die kuile is reeds vol en die Visrivier is bekend vir sy sterk en vinnige vloei. Water kan tot vier dae neem om die dam te bereik so invloei word oor die volgende paar dae verwag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *