Groot uitdagings vir elektriese voertuie in Afrika

Kenners meen vervoersektore in Afrika moet die oorgang na elektriese mobiliteit vinniger aanpak as dit teen 2050 aan Net Zero wil voldoen. Maar, verbruikers is traag om die voertuie aan te skaf met ongeveer 45 in Namibië en net 1 000 in Suid-Afrika. Een van die redes vir lae opname is die hoë koste van elektriese voertuie. Hulle het ook beperkte reikafstand en hul batterye is stadig om te laai. In Afrika suid van die Sahara vervoer informele openbare vervoer ongeveer 72 persent van die streek se passasiers. Vrag vervoer goedere in die afwesigheid van voldoende spoor. Terwyl ‘n diesel-minibustaxi net een minuut neem om genoeg diesel vol te maak om 750 kilometer af te lê, laai die vinnigste tans beskikbare elektriese minibus teen ‘n skamele 2 kilometer per minuut. Die elektriese taxi se reikafstand is ook net 21 persent van die dieselekwivalent.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *