Tente, kos en meer vir Opuwo-vloedslagoffers

Die goewerneur van die Kunene-streek Marius Sheya, sê hulpverleniging duur voort in die Opuwo-gebied wat erge kitsvloede ervaar het. Hy sê tot dusver is 75 huishoudings hervestig en 50 tydelike tent-skuilings is opgerig. ‘n Totaal van 68 matrasse en komberse is ook aan die geraakte families uitgedeel. Volgens Sheya is 204 sakke van 10 kilogram mieliemeel en kookolie, sowel as 816 blikkies vis aan dié in nood versprei. Opuwo en sy omliggende gebiede loop gereeld deur wanneer swaar reën voorkom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *