Prysaanwyser vir graan daal met 13,3%

Wêreldwye kommoditeitspryse vir voedsel het in 2024 met 2,1-persent gedaal vergeleke met die vorige jaar, hoofsaaklik weens dalings in graan en suiker. Die prysaanwyser vir graan van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die VN het met 13,3-persent gedaal vergeleke met 2023, en sy suikerprysaanwyser het met 13,2-persent gedaal. Die dalings is gedeeltelik geneutraliseer deur ‘n styging van 9,4-persent in die prysaanwyser van groente-olie. Die organisasie volg maandelikse en wêreldwye veranderings in die internasionale pryse van ‘n stel kommoditeite wat wêreldwyd verhandel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *