Littler word jongste veerpyltjie kampioen ooit

Die tienersensasie Luke Littler van Warrington in Cheshire het die Wêreldveerpyltjiekampioenskap gewen nadat hy Michael van Gerwen in die eindstryd met 7-3 geklop het by Alexandra Palace. Die 17-jarige was die gunsteling voor die toernooi, nadat hy hierdie seisoen tien trofeë ingepalm het. Hy is nou die wêreld se jongste veerpyltjiekampioen ooit en wen prysgeld van meer as 11,6 miljoen Namibiese dollar. Littler het tydens verlede jaar se kampioenskapeindstryd die publiek se verbeelding aangegryp. Hy het op 18 maande met veerpyltjies begin speel en sy deelname aan die sport het veerpyltjies se gewildheid verhoog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *