Hoë mielieprys in SA sal ons sakke raak
Daar is kommer oor die prys van mieliemeel as gevolg van die styging in die mielieprys in Suid-Afrika. In Julie 2024 was die prys 4 255 Suid-Afrikaanse rand per ton wat nou op 6 785 rand ‘n ton staan, ver bo die 100 dag gemiddeld van 5 871 rand. Plaaslik is 37 872 ton mielies ge-oes, 43,5 persent minder as in 2023 en ver onder die gemiddelde vraag an 178 000 metrieke ton jaarliks. Namibië voer die meerderheid van sy mielies uit Suid-Afrika in wat ook gesukkel het met produksie, nes Zambië en Zimbabwe, waar voedseltekorte tans voorkom.