Yoon se veiligheidsdiens verhoed sy arrestasie
Suid-Korea se teenkorrupsie-ondersoekers het vandag versuim om die land se beskuldigde president Yoon Suk Yeol in hegtenis te neem ná ‘n dooiepunt van bykans vyf ure met die presidensiële veiligheidsdiens. Ondersoekers het Yoon se ampswoning verlaat nadat hulle verhoed is om die huis binne te gaan. ‘n Hof in Seoul het op 31 Desember ‘n inhegtenisnemingsbevel uitgereik nadat Yoon talle versoeke verontagsaam het om hom vir ondervraging aan te meld. Die ondersoekers sê sy kortstondige verklaring van krygswet op 3 Desember kom neer op ‘n rebellie.