Swapo antwoord op IPC-aansoek
Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa het die party se antwoord op die IPC se uitdaging van die verkiesings by die hof ingedien. Sy daag die aansoek op sewe punte uit wat insluit dat die IPC nie sekuriteit van kostes aangebied het nie en het ook nie al die rolspelers as respondente gelys nie wat veral nuwe LP’s raak wat reeds bedank het om te dien. Sy voeg by dat daar geen bewyse is dat die verkiesing ongrondwetlik was nie en dat die verkiesingskommissie sy taak volgens die Kieswet uitgevoer het. Volgens Shaningwa was die IPC se sekretaris-generaal Christine !Aochamus nie persoonlik by die inspeksie van partye nie en vra die hof om die aansoek van die hand te wys.