Rublev uitgeskakel in Hongkong
Andrey Rublev se voorbereidings vir die Australiese Ope het ‘n onverwagte terugslag gekry toe die topgekeurde in die tweede ronde van die Hongkongse Ope uitgeskakel is deur Fabian Marozsan. Met die eerste Grand Slam van die jaar wat oor net meer as ‘n week begin, het die Hongaar, wat in die 58ste plek ter wêreld is, met 7-5, 3-6, 6-3 gewen. Die Rus Rublev, wat in die agtste plek is, was die verdedigende kampioen in Hongkong en het probeer om ‘n 76ste toervlak-kwarteindstryd te bereik.