Privaatsektor skuld neem af met 3,3% teenoor 2023
Privaatsektor kredietverlening het in November 2024 met 0,8 persent op ‘n maandgrondslag gestyg, gelykstaande aan 908,8 miljoen Namibiese dollar. Dit het die jaarlikse groeikoers afgebring tot 3,3 persent. Volgens IJG Securities is die kumulatiewe uitstaande krediet tans op 116,3 miljard dollar. Oor die afgelope twaalf maande, het die privaatsektor 3,73 miljard dollar se krediet ontvang, met individue wat verantwoordelik was vir 2,07 miljard dollar en korporasies wat 1,66 miljard dollar krediet geneem het.