NAB se saad-, kunsmissubsidie sluit 15 Februarie
Die Namibiese Akkerbouraad het kommersiële en surplusprodusente herinner om aansoek te doen vir die graansaad- en kunsmissubsidie vir die huidige plantseisoen. Die subsidieprogram eindig op 15 Februarie. Die raad het die program as deel van sy droogte ondersteuning van stapel gestuur om boere by te staan met herstel. Die program verskaf ‘n subsidie deur middel van ‘n terugbetaling-eisstelsel vir saad van witmielies en mahangu, asook kunsmis vir droëland produksie. Dit is streng geteiken op kommersiële en surplusboere wat sedert 2021 mielies of mahangu-graan bemark het. Die subsidie is beperk tot ‘n minimum van vyf en 50 hektaar per boer vir droëland produksie.