Milaan stel strengste rookverbod nog, in

Italië se finansiële en modehoofstad, Milaan, het rook in alle openbare ruimtes, insluitend strate, verbied. Enigiemand wat sedert die begin van die jaar ʼn dampie in die buitelug maak, kan met tot 4 600 Namibiese dollar beboet word. Die land se Departement van Gesondheid sê dit is die strengste rookverbod in Italië, waar byna ‘n kwart van die bevolking rook. Die enigste uitsondering is wanneer mense in afgesonderde plekke en minstens tien meter van ander mense af is. Die verbod sluit nie damprook of elektroniese sigarette in nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *