Hoë-vlak Chinese besoek kuier by Nandi-Ndaitwah, Mbumba

Wang Yi, die Chinese minister van buitelandse sake sal van 5 tot 7 Januarie 2025 ‘n amptelike besoek aan Namibië bring. Hy is geskeduleer om  samesprekings met verkose president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, in Windhoek te voer en dan op Swakopmund met president Nangolo Mbumba te vergader. Volgens die ministerie van internasionale betrekkinge werk die twee lande nou saam, nie net aan bilaterale sake nie, maar ook in multilaterale forums, en bied wedersydse ondersteuning oor globale kwessies van gedeelde kommer. Die laaste besoek van ‘n Chinese minister van buitelandse sake aan Namibië het in 2019 plaasgevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *