Hamas-polisiehoof dood in Israeliese aanval
Die hoof van die Hamas-beheerde polisiemag van Gaza en sy adjunk en nog nege mense is dood in ‘n Israelse aanval op ‘n tentkamp vir vlugtende families. Hamas se ministerie van binnelandse sake het wat hy noem die sluipmoord op Mahmoud Salah en Hussam Shahwan veroordeel, terwyl Israel bevestig het Shahwan was die teiken van die aanval. Die haglike toestande waarin die vlugtende families in kampe leef word deur koue, gure weer vererger. Hamas se burgermag sê meer as 1 500 tente regoor Gaza is sedert Dinsdag deur riool en reënwater oorstroom.