Aanpassings aan Siriese onderwys as ekstremisties beskryf

Sirië se nuwe leiers het veranderings aan die onderwysleerplan aangekondig, wat aktiviste veroordeel as “ekstremisties” en moontlik skadelik vir godsdiensminderhede. Dit gebeur net minder as ‘n maand nadat magte gelei deur die Islamitiese groep, Hayat Tahrir al-Sham vir Bashar al-Assad omvergewerp het. Die veranderings sluit in die skrap van gedigte oor vroue en liefde en die interpretasie van verse uit die Koran oor diegene wat God kwaad gemaak het as verwysend na “Jode en Christene”. Die volkslied is ook uit handboeke verwyder, met die ministerie wat sê dit behoort aan die Assad-regime.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *