Voedselhulp vir Kunene na swaar reën, kitsvloede

Die Kunene-streek het uiters swaar reënval ervaar oor die afgelope dae met verskeie voorvalle van kitsvloede en oorstromings regoor die streek. Boere en lodges het ook skade aangemeld met infrastruktuur wat of weggespoel is of beskadig is. Inwoners van Opuwo het erg deurgeloop en terwyl daar dankbaarheid is oor die reën in die droogte-geteisterde gebied, is daar groot nood. Plaaslike media berig dat nood-voedselhulp in die vorm van mieliemeel, blikkies vis en meer, na die streek vervoer is om inwoners by te staan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *