SA-petrolprys: Giwusa vra regering se ingryping
Die vakbond Giwusa veroordeel die brandstofverhogings vir Januarie. Die woordvoerder, Koketso Phasha, sê dit sal meer spanning vir die werkersklas veroorsaak, te midde van al die ekonomiese uitdagings. Die petrolprys sal met 12- tot 19-sent per-liter styg en diesel met 7,5- tot 10,5-sent per-liter, maar lampolie se prys het gister met 9,5-sent gedaal. Phasha vra die regering om in te gryp, ook met brandstofsubsidies: