Rhino en SA Rugby sluit 7-jaar ooreenkoms
Die wêreld se voorste verskaffer van rugby-oefentoerusting, Rhino, het ‘n vennootskap van sewe jaar met SA Rugby gesluit. Rhino sal balle vir die Springbokmans- en -vrouespanne se internasionale wedstryde en al die plaaslike kompetisies verskaf. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê hulle is opgewonde oor wat die volgende sewe jaar gaan oplewer deur die nuwe vennootskap. Rhino is ook Asië Rugby en Rugby Europa se amptelike balverskaffer, wat 80-persent van die rugbyspelende lande verteenwoordig.